![]() | ![]() |
---|---|
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
Wynand Kotze
MC, komediant, skrywer, akteur, motiveringspreker en verjaarsdagpadda

Shows
TOLLIE (PARTON) OP TOER! met Wynand Kotze
Oor
Hoe dit alles begin het
Wynand Kotze is ’n plattelander met ’n ongesonde liefde vir gemmerkoekies. Hy word dikwels beskryf as ‘’reguit’’ en ‘’snaaks’’. Hy beskryf homself egter as ‘’gay’’ en ‘’voorbarig’’.
Hy het vroeg in sy lewe al besluit dat ten spyte van alles, hy vir homself ’n lewe wil bou waarop hy kan trots wees. Hy betaal toe meestal sy eie studies, verkoop sy siel vir sakgeld en besluit om homself met volk en vaderland te deel.
Hy het oorspronklik graad gevang as 'n teaterstudent en skrywer, maar soos enige kunstenaar, moes hy sy eie verhoog skep. In 2020 het Wynand die internet betree. Na ses maande staan sy profiel op 110 000 volgers wat smeek vir 'n show en hy is net te bly dat hy nog nie boeliebeef hoef te eet nie.
"Wynand Kotzé is 'n uber-talent, 'n one-man-show, 'n vreugde. Met 'n slap tong en 'n kop stewig op sy skouers, laat hy geen klip onomgekeer nie. Hy is vinnig, welbelese en sy staaltjies is genoeg om jou Olimpiese miltsteek te gee. Nog! Nog! Nog!"
Wynand is werksaam en huurbaar as MC, komediant, skrywer, akteur, motiveringspreker en verjaarsdagpadda. Hy gee ook professioneel aanstoot en beloof 'n goeie tyd. Soms. Meestal. Afhangende of daar poeding is.
Sosiale Media
My doen en late
Podcast
Luister nou mooi


Teken in vir slegs
R80.00
Die WynVirDiePyn podcast het een doel voor oë: ons gesels oor dinge waaroor niemand anders wil nie. Jy voel omtrent soos 'n vlieg teen 'n muur ... NIKS is hier verbode nie. Niemand word hier weggewys nie.
Jou gasheer is Wynand Kotze - "Jan Alleman se nar".
NIE VIR SENSITIEWE LUISTERAARS NIE.
Kontak
Gesels
met my
Besprekings
Wynand Kotze
Epos: wynand@wynvirdiepyn.com
Algemene Navrae
Wynand Kotze
Epos: wynand@wynvirdiepyn.com