TOLLIE IN WELKOM
Sat, 06 Sept
|Goldfields Casino
Tollie met haar nuwe show HOOFSEUN in Welkom!


Time & Location
06 Sept 2025, 19:00 – 20:10
Goldfields Casino, Corner Stateway and, Buiten St, Welkom Central, Welkom, 9460, South Africa
About the event
Hoofseun is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gebeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?
Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap. Tollie stel ook die land bekend aan haar nuwe liedjie, in samewerking met Loki Rothman.
Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret. Skuus. Mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het 'n growwe beenstruktuur.