top of page
20220721_WynVirDiePyn - Tollie Parton-0074.heic

Wynand Kotze/
Tollie Parton

Delivering Package

DARLING BOYS COLAB:
TOLLIE PARTON KUNSWERK

Tol-8.jpg

Shows

TOLLIE (PARTON) OP TOER! met Wynand Kotze 

Tollie se nuwe show "Hoofseun" is ‘n komiese, hoogs aansteeklike, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om ‘n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig te staar, as ‘n drag queen. Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun, is nou ‘n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gebeur so iets? En die grootste vraag van almal: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme?

 

Hoofseun is die nuutste stand-up comedy vertoning deur drag-superster Tollie Parton. Die show is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervaringe binne die Afrikaner-gemeenskap; En ten spyte van die feit dat niemand daarvoor gevra het nie, stel Tollie die land bekend aan haar nuwe sokkie “treffer”. Van Hoofseun na Hoofmeisie. Hier kom vetpret! Skuus, mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het 'n growwe beenstruktuur.

  • Sat, 08 Nov
    Potchefstroom TEXAS
    08 Nov 2025, 19:00 – 23:00
    Potchefstroom TEXAS , 82 Steve Biko St, Potchefstroom, 2520, South Africa
    KOM SKUD JOU LIPPE AF! DISCO BEATS EN CUNTY DROPS!
  • Thu, 20 Nov
    Gqeberha CENTERSTAGE BAYWEST MALL
    20 Nov 2025, 19:30 – 20:40
    Gqeberha CENTERSTAGE BAYWEST MALL, Centrestage at Entrance 1, Upstairs at Baywest Mall, Baywest Mall, 100 Baywest Blvd, Hunters Retreat, Gqeberha, 6017, South Africa
    Tollie vir 'n laaste keer met haar show HOOFSEUN in PE!
  • Fri, 05 Dec
    Sandbaai Saal Hermanus
    05 Dec 2025, 20:00 – 22:00
    Sandbaai Saal Hermanus, 71 Main Rd, Sandbaai, 7200, South Africa
    Kom eindig die jaar saam met DJ Tollie en haar disco beats! Jy sal nie wil stil sit nie, ons belowe!
  • Sat, 06 Dec
    M&M Music and Performing Arts College
    06 Dec 2025, 19:00 – 07 Dec 2025, 02:00
    M&M Music and Performing Arts College, 191 Sunningdale Dr, Sunningdale, Cape Town, 7441, South Africa
    Sunningdale: M&M Music Academy
  • Tue, 16 Dec
    Homecoming Theatre (ou Fugard Theatre)
    16 Dec 2025, 19:00 – 21:00
    Homecoming Theatre (ou Fugard Theatre), 15 M59, District Six, Cape Town, 7925, South Africa
    Tollie neem haar show HOOFSEUN op. Hierdie is 'n eerste vir haar! Die opname sal dan na die tyd te koop aangebied word regoor Suid-Afrika. GEEN ONDER 18s en NIE vir sensitiewe kykers nie ...
  • Fri, 13 Mar
    13 Mar 2026, 08:00 – 16 Mar 2026, 12:00
    Durban, Durban, South Africa
    Vir die eerste keer ooit kan jy nou drie dae saam met Tollie op ‘n boot toer; van Durban na die Portuguese Island! Ons gaan dans en lag … eet en drink! Kaartjies hier: 0670255152 of juanita@cruiseaddictssa.co.za
Shows

Oor

Hoe dit alles begin het

Wynand Kotze is ’n plattelander met ’n ongesonde liefde vir gemmerkoekies. Hy word dikwels beskryf as ‘’reguit’’ en ‘’snaaks’’. Hy beskryf homself egter as ‘’gay’’ en ‘’voorbarig’’.

 

Hy het vroeg in sy lewe al besluit dat ten spyte van alles, hy vir homself ’n lewe wil bou waarop hy kan trots wees. Hy betaal toe meestal sy eie studies, verkoop sy siel vir sakgeld en besluit om homself met volk en vaderland te deel.
 

Hy het oorspronklik graad gevang as 'n teaterstudent en skrywer, maar soos enige kunstenaar, moes hy sy eie verhoog skep. In 2020 het Wynand die internet betree.  Na ses maande staan sy profiel op 110 000 volgers wat smeek vir 'n show en hy is net te bly dat hy nog nie boeliebeef hoef te eet nie. 

"Wynand Kotzé is 'n uber-talent, 'n one-man-show, 'n vreugde. Met 'n slap tong en 'n kop stewig op sy skouers, laat hy geen klip onomgekeer nie. Hy is vinnig, welbelese en sy staaltjies is genoeg om jou Olimpiese miltsteek te gee. Nog! Nog! Nog!"

Wynand is werksaam en huurbaar as MC, komediant, skrywer, akteur, motiveringspreker en verjaarsdagpadda. Hy gee ook professioneel aanstoot en beloof 'n goeie tyd. Soms. Meestal. Afhangende of daar poeding is.

About

Sosiale Media

My doen en late

Press

Die media

Huisgenoot_logo.png
New_Jacaranda_logo,_as_of_14_April_2012.jpg
litnet_nuwe_logo.jpg.webp
klyntji

Borge

151776692_374347346878769_2212901868280726169_n.jpg
Contact
4uvSNAdG6e7uKfDFtcb06YMTczswlTUGnWgLray9.jpeg

Kontak

Gesels
met my

Besprekings

Wynand Kotze

Epos: wynand@wynvirdiepyn.com

Dankie dat jy ingedien het!

Algemene Navrae

Wynand Kotze

Epos: wynand@wynvirdiepyn.com

Bly op Hoogte

Dankie dat jy ingeteken het!

  • TikTok
  • White Facebook Icon
  • White Instagram Icon
bottom of page